Menu - Home
 
You need Flash player 8+ and JavaScript enabled to view this video.

Afrikaans Site  |  English Site

Heilbron in die Vrystaat is die tuiste van die uiters suksesvolle voermeulebesigheid, Telwiedrè Voere.

Die gedagte aan 'n meule in die Riemland het in die laat jare negentig by Ters Pretorius posgevat, wie se verantwoordelikhede die saaiery en die varkboerdery se voedingsbehoeftes ingesluit het.

Weens die feit dat die dorpie Heilbron 'n klein gemeenskap verteenwoordig, het die voermengery gou-gou bekend geword en het die bure en ander nabygeleë boere weldra ook hul mielies na die meule gebring om pasgemaakte resepte vir hul behoeftes uit te werk.

Die sukses van enige voermeule berus op die volhoubare aankoop van topkwaliteit-, koste-effektiewe grondstowwe wat op die regte tyd by die meule afgelewer moet word.

Telwiedrè poog om soveel as moontlik van hierdie grondstowwe en roumateriale self te produseer of by boere in die omgewing aan te koop. Boere in die Riemland word as ons vennote beskou.

 

Facility

 

Footer Bar

Fotos deur www.alpfotos.co.za